Hierdie afdeling is verseker ook n nalatenskap van pa Gideon. Hy leer seuns en kleinseuns van kleins af om met hul hande te werk en reg te maak wat stukkend is. Dit is ook hoekom ons so baie van die elke dag se benodighede op die plaas self maak. Dit is goedkoper as jy dit self maak en jy kan jou ontwerp verander soos dit jou pas. Behalwe elke dag se voertuig, trekker en implement onderhoud word die volgende items self gebou vir gebruik op die plaas.