Bonsmaras

“POENAS IS ONS PASSIE”

Jordaan Bonsmaras is as stoet geregistreer in 2015, alhoewel beesboerdery al jare saam die familie kom. Daar was nog altyd gepoog om n doeltreffende bees te teel wat in ons distrik met sy verkillende veld tipes maklik kan aanpas. Ons koeie kalf van September tot Desember en die natuur bly die basis om vir vrugbaarheid en groei te selekteer.

Jordaan Bonsmaras gebruik slegs poenskop bulle, daar word ook net met die beste poenskop genetika geKI. Hierdie genepoel is nog baie klein en dit bly n uitdaging om die beste gentika te bekom.

Ons bied elke jaar op die 3de Woensdag van Oktober ongeveer 20 bulle op n produksie veiling aan. Die bulle word op die veld deur n groeitoets gesit en ook op die veld afgerond. Dit is vir ons lekker om van ons poenskop genetika met ons kliente te deel.

Bonsmara
Verkoop op 2020 Veilling
Bonsmaras
Rietfontein
Stilveilling 2020
Previous slide
Next slide