Angora

Die Angoras maak n baie belangrike deel uit van die boerdery. Hul is gehard, aanpasbaar en n baie goeie bron van inkomste. Die bokke vereis egter bietjie meer aandag en tyd vir 4 weke na skeer agv hul kwesbaarheid teen koue en reen.  

Die bok ooie lam September en word Januarie en Julie geskeer. Daar word van goeie genetika gebruik gemaak om die bokke se haar kwaliteit en bouvorm voordurend te verbeter. Uitgesoekte 2tand ramme ondergaan n veld toets en slegs die beste ramme word dan gekeur vir die kudde.